RSS

Uiteindelik het ons stoele vir ons kapel!

12 May

Strandfontein stoeleSAM_1111 Strandfontein StoeleSAM_1110

Dis al baie jare op Tannie Mirinda Erasmus se hart om stoele of kerkbanke te kry vir die kapel, by ons kampterrein in Strandfontein. Hier is haar storie…

Mnr Gerhardt Viljoen het op 24 Januarie 2014 by ons op die terrein kom bly, aanvanklik net vir ‘n week, hy en sy klein hondjie van 6 weke oud.Sy woorde aan my was dat hy rus en vrede kom soek na ‘n familiekrisis. Deur die loop van sy verblyf het ons aan die gesels geraak en was hy baie geïntereseerd in die doel en late op die terrein asook waarvoor VCSV / UCSA staan.Na ‘n kerkdiens en doopplegtigheid op 26 Januarie 2014 in die Kapel gelei deur Ds Wikus Lambrechts van die NG Kerk op Lutzville, sy skrifgedeelte was  Prediker 2 vanaf 17, wat Mnr Viljoen ook bygewoon het, het hy my deur die loop van die week kom besoek en ons het gesels oor my drome wat ek nog vir die terrein het. Op Donderdag 30 Januarie het Gerhard vir my brosjures gewys en gevra dat ek ‘n stoel moet kies asook die kleur. Dit het my onverwags betrap en ek kon nie my ore glo toe hy my meedeel dat hy 100 stoele aan die terrein sal skenk nie.

Ek kon dit nog steeds nie glo nie en is op 1 Februarie met vakansie. Nadat ek terug gekom het van vakansie en ‘n bietjie kontak met Gerhard gehad het, het ek getwyfel aan sy bedoelding om stoele te skenk.

Woensdag 5 Maart het Tefla in Kaapstad my gekontak en meegedeel dat die stoele Saterdagoggend afgelewer sou word.  Wat ‘n heuglike dag en nog meer spesiaal om jy ‘n kamp gefasiliteer het.

HOE KAN NOG AAN ONS GOD TWYFEL.  Hy het ‘n engel oor my pad en die terrein gestuur en GOD het my gebed beantwoord, nadat ek solank probeer spaar het om nuwe stoele te koop.   GOD beloof in sy woord dat hy ons gebede sal verhoor as dit sy wil en tyd is.  PRYS DIE HERE WANT HY IS GETROU,  LOOF HOM TOT IN EWIGHEID.

Mirinda Erasmus

Advertisements
 
Leave a comment

Posted by on May 12, 2014 in Uncategorized

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: