RSS

God is ons Voorsiener

12 May


photo (7)

 

Ons jaar het met ’n uitdaging begin. Ons het baie dinge nodig gehad vir die span se huis. Op ’n stadium kyk ons na ’n preek van Robert Morris van The Blessed Life toe hy sê: Verwag jy dat God jou gaan help of verwag jy dat iemand vir jou gaan geld gee?

Ek het besef ek sit heeltyd en wag dat iemand vir my gaan geld gee. Wie is die regte persoon om mee te praat? Vir wie moet ek ’n voorlegging doen? Waarheen moet ek gaan? Ek besef toe dat ek verwag mense moet my help en ek sien nie regtig God as my Voorsiener nie! Ek probeer dit self uitsorteer!

Ek sê toe vir die Here: “OK, Here, ek los! Ek soek niks meer nie, ek gaan vir niemand vra nie!”

Dit was ongelooflik hoe vinnig dinge toe gebeur het. Ons het vir niemand gevra nie, maar ewe skielik net goed gekry. Mense het net nog en nog en nog gebring. Ons span se hele huis is gemeubileerd, nuwe beddegoed, nuwe stofsuier en ’n wasmajien wat ek gesê het is ’n luukse item, so ons hoef dit nie te hê nie. Ons het ’n veiligheidshek gekry, wat verniet kom opsit is ook. Iemand het ons sleepwa vir ons kom regmaak. Dit het eintlik net ’n nuwe prop nodig gehad maar die man het ’n klomp ander goed ook vir ons verniet reggemaak en dit ook mooi geverf.

God is ons Voorsiener sonder dat ons hoef te gaan soek, ons moet net op Hom vertrou.

12700_190446117833348_1303511921_n

Advertisements
 
Leave a comment

Posted by on May 12, 2014 in Uncategorized

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: