RSS

Monthly Archives: May 2014

11 Jarige skryf 30 Dagstukkies!

Vrystaat…

In verlede kwartaal het ons ’n besoek afgelê in Villiers. Daar vertel die VCSV-juffrou vir ons van ’n elfjarige meisie, Lee, wat daardie afgelope vakansie vir haar ouers gesê het dat sy eendag ’n predikant wil wees.

Sy is ook geïnspireer om ’n dagstukkie-boekie met 30 dagstukkies te skryf.  Die juffrou het vir ons ’n kopie gegee en my mond het oopgehang om te lees wat in ’n elfjarige meisie se hart is. Ons is sooo opgewonde saam met Lee oor haar boekie wat een van die dae ook vir ons beskikbaar gaan wees om by ons skole uit te deel.

Hier is ’n uitreksel van die boekie:

“Jou lewe is besig en jy kry nie tyd vir die Here nie.

Onthou jy kan dag of nag met Jesus praat.  Waar jy ookal is, kan jy met die Here praat. Dit is so fantasties! As jy in die middel van die nag wakker word kan jy nog steeds met die Here Jesus Christus praat. Onthou die Here gee nie om wanneer of waar jy is nie. Die Here is bereid om te luister. “

 

Stan-Lee Gunter. Ek is tien jaar oud. Die Heilige Gees het vir my gesê om die dagstukkies vir julle te skryf.

Stan-Lee Gunter. Ek is elf jaar oud. Die Heilige Gees het vir my gesê om die dagstukkies vir julle te skryf.

Advertisements
 
Leave a comment

Posted by on May 12, 2014 in Uncategorized

 

God honored my husband’s unwavering faith in Him.

My husband and I are expecting the arrival of our little boy in the beginning of July.

Most of our focus and planning are going into our preparation for him. It is with gratefulness in my heart that I can share such news, for just over a year and a half ago our first little boy passed away just a few hours before his birth. We were devastated. I remember that I wondered whether I would ever hold our child in my arms.

My husband turned to me with determination on his face and said: “Don’t worry, Love, my faith is strong enough to carry both of us. Soon you will hold your son in your arms, I have no doubt that God is able.” A few months later we found out we were expecting again.

Today I am a witness to how God honored my husband’s unwavering faith in Him. I will be going on maternity leave from the end of June (God willing) but will be missing my work family a lot! Please keep us in prayer for the last stretch.

983589_10152377545819665_163222261_n

 
Leave a comment

Posted by on May 12, 2014 in Uncategorized

 

God is groter as die ekonomie

Henry BainskloofIMG_0713

Henry BainskloofIMG_0710

Die VCSV kan soveel stories vertel van hoe die Here voorsien het. Baie van ons kampterreine het ‘n storie oor hoe God dit vir

ons gegee het of hoe Hy mense gestuur het om vir ons te help met herstelwerk of iets wat ons dringend nodig gehad het.

Baie mense glo in vandag se ekonomie gee mense nie meer nie of is die eerste plek waar hulle sny, liefdadigheid. Ons het egter weer beleef dat die ekonomie nie iets is waarin ‘n mens moet vaskyk nie, ons God besit alles.

Mnr. Gawie Eksteen, vorige batebestuurder van die VCSV, het aangebied om een van die kothuise op Bainskloof se stoep toe te maak met aliminiumvensters en ‘n skuifdeur. Mnr Eksteen het die aliminium van Ettienne van Wyk van Skillfull Aliminium bestel. Mnr Van Wyk wou egter nie betaling vir die aliminuim hê nie en het dit aan die VCSV geskenk. Henry van der Schyff, terreinbestuurder van Bainskloof-kampterrein, skryf: “Ons waardeer die tyd en arbeid wat ons Vriende van Bainskloof VCSV ingesit het om dit te laat gebeur .Ons wil ook dankie sê vir die ander klein blessing en geskenke wat ons vir die woonstel ontvang het. Mag ons Here Jesus Christus jul uit jul sokkies bless vir als wat jul tot dusver gedoen het.”

 
Leave a comment

Posted by on May 12, 2014 in Uncategorized

 

God is ons Voorsiener


photo (7)

 

Ons jaar het met ’n uitdaging begin. Ons het baie dinge nodig gehad vir die span se huis. Op ’n stadium kyk ons na ’n preek van Robert Morris van The Blessed Life toe hy sê: Verwag jy dat God jou gaan help of verwag jy dat iemand vir jou gaan geld gee?

Ek het besef ek sit heeltyd en wag dat iemand vir my gaan geld gee. Wie is die regte persoon om mee te praat? Vir wie moet ek ’n voorlegging doen? Waarheen moet ek gaan? Ek besef toe dat ek verwag mense moet my help en ek sien nie regtig God as my Voorsiener nie! Ek probeer dit self uitsorteer!

Ek sê toe vir die Here: “OK, Here, ek los! Ek soek niks meer nie, ek gaan vir niemand vra nie!”

Dit was ongelooflik hoe vinnig dinge toe gebeur het. Ons het vir niemand gevra nie, maar ewe skielik net goed gekry. Mense het net nog en nog en nog gebring. Ons span se hele huis is gemeubileerd, nuwe beddegoed, nuwe stofsuier en ’n wasmajien wat ek gesê het is ’n luukse item, so ons hoef dit nie te hê nie. Ons het ’n veiligheidshek gekry, wat verniet kom opsit is ook. Iemand het ons sleepwa vir ons kom regmaak. Dit het eintlik net ’n nuwe prop nodig gehad maar die man het ’n klomp ander goed ook vir ons verniet reggemaak en dit ook mooi geverf.

God is ons Voorsiener sonder dat ons hoef te gaan soek, ons moet net op Hom vertrou.

12700_190446117833348_1303511921_n

 
Leave a comment

Posted by on May 12, 2014 in Uncategorized

 

Uiteindelik het ons stoele vir ons kapel!

Strandfontein stoeleSAM_1111 Strandfontein StoeleSAM_1110

Dis al baie jare op Tannie Mirinda Erasmus se hart om stoele of kerkbanke te kry vir die kapel, by ons kampterrein in Strandfontein. Hier is haar storie…

Mnr Gerhardt Viljoen het op 24 Januarie 2014 by ons op die terrein kom bly, aanvanklik net vir ‘n week, hy en sy klein hondjie van 6 weke oud.Sy woorde aan my was dat hy rus en vrede kom soek na ‘n familiekrisis. Deur die loop van sy verblyf het ons aan die gesels geraak en was hy baie geïntereseerd in die doel en late op die terrein asook waarvoor VCSV / UCSA staan.Na ‘n kerkdiens en doopplegtigheid op 26 Januarie 2014 in die Kapel gelei deur Ds Wikus Lambrechts van die NG Kerk op Lutzville, sy skrifgedeelte was  Prediker 2 vanaf 17, wat Mnr Viljoen ook bygewoon het, het hy my deur die loop van die week kom besoek en ons het gesels oor my drome wat ek nog vir die terrein het. Op Donderdag 30 Januarie het Gerhard vir my brosjures gewys en gevra dat ek ‘n stoel moet kies asook die kleur. Dit het my onverwags betrap en ek kon nie my ore glo toe hy my meedeel dat hy 100 stoele aan die terrein sal skenk nie.

Ek kon dit nog steeds nie glo nie en is op 1 Februarie met vakansie. Nadat ek terug gekom het van vakansie en ‘n bietjie kontak met Gerhard gehad het, het ek getwyfel aan sy bedoelding om stoele te skenk.

Woensdag 5 Maart het Tefla in Kaapstad my gekontak en meegedeel dat die stoele Saterdagoggend afgelewer sou word.  Wat ‘n heuglike dag en nog meer spesiaal om jy ‘n kamp gefasiliteer het.

HOE KAN NOG AAN ONS GOD TWYFEL.  Hy het ‘n engel oor my pad en die terrein gestuur en GOD het my gebed beantwoord, nadat ek solank probeer spaar het om nuwe stoele te koop.   GOD beloof in sy woord dat hy ons gebede sal verhoor as dit sy wil en tyd is.  PRYS DIE HERE WANT HY IS GETROU,  LOOF HOM TOT IN EWIGHEID.

Mirinda Erasmus

 
Leave a comment

Posted by on May 12, 2014 in Uncategorized

 

2014 het vir ons begin met ’n berg voor ons…

…maar saam met God het ons oorwin!

Ons het vir die eerste kwartaal meer kampe gehad as verlede jaar en baie minder personeel. Ons getroue vrywilligers was oorwerk en moeg en het dringend rus gekort, maar as hulle sou onttrek uit die provinsie se werk, sou ons groot probleme hê.

Die eerste kampe het nader gestaan en die eerste vrywilligers het onttrek. Ons het te min hande en te veel werk en dit is ‘n ongelooflike goot uitdaging. Ons het egter besef dat as ons in die berg gaan vaskyk, ons nooit oor hom sou kom nie. Ons moes na God kyk vir hulp.

Ons het na ’n praatjie van Oom Joe gaan luister, en juis daardie aand het hy oor Lukas 18:27 gepraat. Dinge wat vir die mens onmoontlik is, is moontlik vir God …

Die kwartaal is nou verby en God het die onmoontlike vir ons moontlik gemaak. Dinge het aan die begin vir ons onmoontlik gelyk, maar deur die hulp van die Vader het ons meer vermag as wat menslik moontlik was. Ons kalender was propvol en ons hande min, maar elke takie is afgehandel en dit nog met uitnemendheid!

Ons het regtig moed, energie en krag van Hom gekry, en ons prys sy Naam!

Matthys Cronje

473084_224763767634337_1367815657_o

Matthys gaan soek moeilikheid in die kombuis op ‘n kamp. Bev wys hom wie is baas…

 
Leave a comment

Posted by on May 12, 2014 in Uncategorized

 

God is faithful! (Psalm 91)

In our Christian walk we like to say “God is faithful”. I am glad to be able to testify to the absolute truth of this saying. I have seen it repeatedly in my own life. God has shown Himself as my faithful Protector while serving at UCSA.

Last year in November Carla and I had to go to Jeffrey’s Bay to attend our Personnel Meeting. We had to pick up the Service Year team in the Strand, and as we wanted an early start, we left at 03:00. On our way to the Strand we were chatting happily when we heard a bang. We were not sure what it was and continued driving, since nothing felt out of the ordinary.

Then we realized that a tire had burst and we would need to pull over. Unfortunately it happened in a dark, overgrown area along the N2 highway. We called the Service Year Team Leader to ask for his help. To our relief he promised to come and help us.

We then got out to assess the damage, and as we were looking at the damaged wheel, we realized that we were in a bad situation, two women alone on a dark highway. Just then Carla heard a rustling in the bushes. A young man approached us asking what the problem could be. I realized immediately this was not good and could hear in Carla’s voice she was also aware of our situation. He insisted on “helping”, taking things out of Carla’s hand. Suddenly two other young men appeared. I just remember a voice telling me: “Stay calm”. And, indeed, strange calm came over me.

The young men became aggressive and started to take our possessions.  Carla tried to talk sense into them, but to no avail. One of them wanted to pull off my top to see if I was hiding anything. I spoke calmly to him; he took my rings and cell phone. They did the same to Carla.

While they were busy with Carla, I ran into the road and tried to flag down a car, but the motorist just sped past and with a chill I realized that people were too afraid to stop. One of the men ran me, pulled a weapon on me and began to threaten me.

I got into the bakkie and started praying aloud for God to protect us. One of the men was anxious to get away, but the other two threatened to harm us if they did not get any money. They became more aggressive. I realized I had money, but did not know where Carla had put it. I remember saying inwardly: “Lord, please”. As I was praying, Carla joined me and suddenly I heard a shout: “I’ve got it!” He sounded relieved and begged the other two to leave us alone and go. I remember Dorian was on his way and just felt I had to put it out there, so I told Carla not to worry as Dorian is on his way. This made one man anxious, but the other two still wanted to harm us. The first one then grabbed the money, one of my bags and started to run away. This made the other two follow him.

We got into the bakkie and proceeded to drive away. We praised God that we were not physically hurt, knowing it could have been tragically different. My belongings and some of Carla’s electronic equipment were stolen, but we were unharmed. When Dorian arrived we went to a police station to report the crime. The officers were amazed that we had not been harmed, and kept on saying: “Do you know how lucky you are?”

We knew better. We serve a God who does not slumber or sleep. He kept us safe. We live to serve and praise Him another day. We were never alone; God was a very present help to us. He watched over us.

I had an opportunity to pray for the men with some of our colleagues and I am trusting that somewhere along the way, they will come face to face with the reality of God and be spared to make a choice to follow Him and to change their ways.

God took away all fear from my heart and I praise Him for his complete peace in those circumstances. He is the faithful One, ever true.

Nadine Arendse

1374143_4894693385366_135875351_n

Carla Swanepoel

Nadine

Nadine Arendse

 
Leave a comment

Posted by on May 9, 2014 in Uncategorized