RSS

Monthly Archives: December 2013

Hoe Diensjaar my verander het…

1001106_4651358782153_1294780888_n

 

“Dis absoluut amazing hoe een jaar van jou lewe so groot impak kan maak. Dit is absoluut net God se hand wat dit kan doen! Voor my DJC, was ek skaam, teruggetrokke, stil, nie altyd werklik myself nie. Ek was hardkoppig, dit was soos “my shield to keep the people out”. Ek was nie iemand wat eers daar aan sou dink om ‘n bietjie vulnerability te wys nie, ek het dit as ‘n huge swakpunt gesien. Ek het vas geglo dat as mense sien dat ek omgee vir hulle of as ek net ‘n bietjie deel, of liefde wys, kan hulle my breuk, dan is ek swak, hulle kan dan oor my loop soos hulle wil, seer maak soos hulle dink is reg en my in die grond in trap en verneerder, want nou ken hulle my swakpunte, my geheime, want nou ken hulle my… Ek het dood eenvoudig net geweier om swak te wees, ek het begin om al my emosies weg te steek en in te hok. Ek moes net altyd sterk wees, opkom vir myself, reg wees om myself te verdedig. Never weak…
Toe besluit God dat DJC my heeltemal van my treintjie af gaan gooi. Dit het my lewe op ‘n heeltemal ‘n ander vlak beinvloed. Dis onbeskryflik hoe die liefde en genade van God jou lewe kan aanraak. Ek het geleer hoe om gemaklik met myself te wees, hoe om weer my “ou gewone mal-self” te wees, om uit my kassie te klim, nie skaam te wees nie (al het ek nog my oomblikke), maar om te besef dat God saak maak, en Sy wil saak maak, nie wat ander mense dink nie.
Ek het ‘n nuwe liefde vir God ontdek, ek het dit gesien, beleef en tot die beste van my vermoe in Christus gedeel. Ek het besef dat vulnerability nie ‘n swakpunt is nie, maar egtheid. Dis om werklik jouself te wees en om jouself oop te maak. Om ander mense aan te raak met al jou “goedjies”. Alles wat ‘n impak op jou lewe gemaak het, wat jy met alles in jou wegsteek, en nooit deel nie, dat daardie “goedjies” en hoe God jou daaruit kom red het, jou hand vasgehou het en deurgedra het toe dit gevoel het jy kan nie meer op jou eie nie, dis met dit wat God jou gaan gebruik om ander se harte aan te raak en te inspireer of motiveer.”
Ek weet nou presies wie ek is in Christus. Daar is ‘n paar skrif gedeeltes waarmee God met my gepraat het, waar Hy gese het, dis wie ek is:

  • Heb3:1 – I am a holy partaker of a heavenly calling.
  • Kol 3:12 – I am chosen of God, holy and dearly loved.
  • Joh 15:16 – I am chosen and appointed by Christ to bear His fruit.
  • Jer 1: 5-8 – Voordat Ek jou in jou moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.

So, wie is ek? Ek is ‘n kind van God. I am a miracle. Ek is uitverkies en geroep om wonders in die Koninkryk van God te doen en so Sy naam te verheerlik.
Ek weet dat God groot planne het. En ek kan nie wag om te sien wat Hy vir 2014 beplan nie. Dit kan net voorspoed wees. Sien uit na ‘n jaar van genade, liefde, blessings en eenheid in die naam van ons Koning Jesus Christus.

 – Miranda van Wyk 2013

Advertisements
 
Leave a comment

Posted by on December 13, 2013 in Uncategorized