RSS

Monthly Archives: February 2013

Aside

015Verlede jaar het ons begin met ons Busse-vir-Diensjaarprojek. Dit het aanvanklik maar stadig gegaan, maar die Here het ons teen die einde van die jaar geseën met R12 000 kontant. Ons het besluit om die projek in 2013 voort te sit en hopelik genoeg in te samel om vir die twee spanne elk ’n goeie ryding aan te skaf.

Die bussie van die Wes-Kaap se span het laasjaar aanhoudend gebreek en ons geweldig baie geld gekos. Ons wou so graag die bus vervang, maar die geldsake het nie goed gelyk nie. In Desember het die bussie vir die soveelste keer gebreek en ons moes ’n besluit neem. Die bussie was gedaan. Ons neem toe ’n geloofstree …

En ek begin ’n tweedehandse bussie soek. Maar almal wat ons kon bekostig, het baie kilo’s en dus kon ’n mens hoë onderhoudskoste verwag.

Toe kom die eerste deurbraak. Die Here stuur mense wat belowe om ons maandelikse paaiement te help betaal en ek besef dat ek iets kan soek wat nie heeltemal so oud is nie. Die volgende wonderwerk was toe die handelaar vir ons ’n ou bussie teen ’n baie goeie prys aanbied! Ek was in ekstase: ons sal ’n baie netjiese bussie met slegs 92 000 km op die klok kry. Ek besluit om dit te koop. Ons doen aansoek vir finansiering en ek verwag ’n oproep met die ja-woord …

En toe val my wêreld inmekaar, ’n week en ’n half voordat ek die bussie moet hê. Die bank vra ’n groter deposito, en ek vind uit die paaiement is ook baie meer as waarvoor ons gehoop het. Die rentekoers was prima plus 4%. Ons kon dit eenvoudig nie bekostig nie.

moedeloos en het eers gedink ons moet maar vrede maak met ’n ou bussie. Maar ek weier! Ek weet die Here wil ons seën en ek gaan nie toelaat dat die eerste struikelblok my onderkry nie.

Iemand stel toe voor dat ek weer ’n nuwer bus soek. Dit maak nie sin nie, en ek dink sy is laf, maar besluit om te kyk wat gebeur. Ek vind ’n demo-model van 2012 en doen weer aansoek … en ek wag … en wag … en wag … maar ek het soveel vrede, want ek weet dis ons bus …

Een dag voordat ons die bussie moet hê, kry ek die oproep: “Die bus is julle s’n!” Geen hoër deposito nie, en ’n rentekoers van prima plus 2%. Die paaiement is wel hoog, maar ek het geweet die Here sal voorsien. En voor die einde van daardie dag het ons nog mense gekry om te help met die paaiement. Ons het nog nie alles nie, maar ek weet dat ons voor die einde van die jaar die res ook gaan kry … en ek prys sy Naam!

– Carla Swanepoel

Nuwe bus vir die Diensjaarspan!

Advertisements
 
Leave a comment

Posted by on February 20, 2013 in Uncategorized

 

I’ve started an UCSA branch at my school – You can do this too….

ImageLast year I was at an UCSA camp that was hosted on Kalahari Waters in Keimoes. It was an amazing experience. The food was lovely and the activities was great.  We hadsmall concerts, nice chats in the hall, we braaied marshmellows and swam.  All of this was unforgettable!

I really learned a lot about leadership during this camp. Our school, HotazelCollege didn’t go to camps yet, but I went with the group of HOTAZELCombined  School to the Kalahari Waters Leadership camp in October.

I saw how amazing it was and the camp impacted me so mush, I decided to inform Ms Athena Burmeister {my  teacher}. She was very impressed and I told her that I will inform her when the next UCSA camp or other activities will be so that she can organise our children so that we can go as a school. My father who is the UCSA Chairperson for our province gave me all the information to take to my teacher.  She  also contacted UCSA National office and now we’ve started operate as and UCSA branch and is participating in  all the activities for 2013.

I’m am so happy that we now have a branch in our school!

 
Leave a comment

Posted by on February 20, 2013 in Uncategorized