RSS

Monthly Archives: November 2012

Annonieme Donasie verander lewens

TransformasieIemand het ‘n annonieme donasie gemaak om dit moontlik te maak vir minderbevoorregte kinders in die Vrystaat om kampe te kan bywoon. As gevolg daarvan is die geestelike leier se lewe radikaal verander op een van daardie kampe. Lees meer

 

Vanaand is by verre een van die grootste aande in my lewe!!! 20 jaar se seer en verwoesting is genees met een groep jongmense wat vergifnis gevra het namens mense wat nie geweet het wat hulle doen nie!

20 jaar terug is n vriendin van my in n plaasmoord vermoor deur swartmense uit Lesotho.

Dit het my op n punt gebring waar haat en onvergewensgesindheid n kanker in my siel geword het.

Ek het 8 jaar later vergewe en ek was vry, maar vanaand het n groep swart jongmense na ek my getuienis oor vergifnis gedeel het, spontaan my kom haal en namens die kwaaddoeners om vergifnis gevra deur my voete te was! Vir die eerste keer in my lewe kan ek sê dat ek kon afsluit…

Vergifnis alleen is nie net goed genoeg nie… Mens moet iemand in die oë kan kyk en sê: “Ek vergewe jou”

Vanaand was so n aand! Dankie aan daardie groep swart jongmense! Julle harte is suiwerder as goud en ek sal hierdie aand as n draaipunt in my lewe onthou!

Mag die eenheid in Christus wat ons hier beleef het vanaand… die eenheid wees waarna ons land smag.

Eenheid is slegs moontlik in Christus. Dankie dat julle Hom eer! Mens kan sien Hy is nie nr1 in julle lewens nie… Hy is julle lewe!

Julle liefde het seer wonde genees! Ek glo in ons land se jongmense!!!

Lief julle baie!!

Advertisements
 
Leave a comment

Posted by on November 22, 2012 in Uncategorized

 

Hello world!

Welcome to WordPress.com! This is your very first post. Click the Edit link to modify or delete it, or start a new post. If you like, use this post to tell readers why you started this blog and what you plan to do with it.

Happy blogging!

 
1 Comment

Posted by on November 22, 2012 in Uncategorized